Picasa Photostream

Tuesday, February 21, 2012

XVI - Julia Karr

Het XVI van Julia Karr vroeer vanaand klaar gelees.

Goeie genade!  Kan ek hierdie boek vir elke skool voorskryf, sal ek.

Die pad wat ons wereld in hierdie boek volg is waarlik donker.  En die ergste is, soveel van die goed wat daar is in die boek, is goed wat al klaar vandag gebeur.  Die breinspoel meganismes wat ons vandag reeds teen veg, word verbeeld in `n wereld waar dit onverpoos voortgegaan het en die nagevolge daarvan word ondersoek.

Ons dogters moet leer dat hulle waardevol is, dat hulle lewens en liggame belangriker is as iemand anders se vlugtige plesier, en dat hulle dus hulself waardig hoort te ag, en so op te hoort te tree, hulself the beskerm en in te lig en op te voed.  Nie net blindeling koerante, tydskrifte en televisie se uitbeelding van 'die perfekte vrou' hoort aan te hang nie.

Die perfekte vrou is NIE `n nommer-ses figuurtjie wat in skrapse kleertjies op `n advertensiebord pruil nie.  Die perfekte vrou is die vrou wat WEET sy is perfek, of sy 'slim' of 'dom', 'mooi' of 'lelik', 'vet' of 'maer' is, maak nie saak nie.  Elke vesel in haar liggaam, haar hele hart en verstand se sy is onverbeterlik.  DIT is perfek.

Kan ons al ons dogters soos Nina en Wei groot maak!

0 comments:

Post a Comment