Lily se seepkis
Tuesday, May 15, 2012
EXPO 2012 - skoolrondte
Ek is besonder trots op my graad 9 en 10's vir hul uistaande projekte hierdie jaar. Hulle harde werk en deursettings vermoe het hulle goeie punte besorg, en so ver is 17 projekte gekies om na die streeksrondte te gaan. Ongelukkig kan ek nie dieselfde van die graad 8's se nie. Hulle het nie die (ontsaglik baie) inligting wat ek aan hul verskaf het, geraadpleeg nie, en ook nie my verbale instruksies uitgevoer nie. Dus het ons net 10 Eskom EXPO projekte wat na die volgende rondte toe gaan.
Sunday, March 18, 2012
soapboxshouts
Het `n Engelse blog begin oor die boeke wat ek lees. Het altyd so baie daaroor te se, en het actually nou genoeg oorseese circle contacts wat belangstel, dat ek dit in Engels gaan doen.
Tuesday, February 21, 2012
XVI - Julia Karr
Het XVI van Julia Karr vroeer vanaand klaar gelees.
Goeie genade! Kan ek hierdie boek vir elke skool voorskryf, sal ek.
Die pad wat ons wereld in hierdie boek volg is waarlik donker. En die ergste is, soveel van die goed wat daar is in die boek, is goed wat al klaar vandag gebeur. Die breinspoel meganismes wat ons vandag reeds teen veg, word verbeeld in `n wereld waar dit onverpoos voortgegaan het en die nagevolge daarvan word ondersoek.
Ons dogters moet leer dat hulle waardevol is, dat hulle lewens en liggame belangriker is as iemand anders se vlugtige plesier, en dat hulle dus hulself waardig hoort te ag, en so op te hoort te tree, hulself the beskerm en in te lig en op te voed. Nie net blindeling koerante, tydskrifte en televisie se uitbeelding van 'die perfekte vrou' hoort aan te hang nie.
Die perfekte vrou is NIE `n nommer-ses figuurtjie wat in skrapse kleertjies op `n advertensiebord pruil nie. Die perfekte vrou is die vrou wat WEET sy is perfek, of sy 'slim' of 'dom', 'mooi' of 'lelik', 'vet' of 'maer' is, maak nie saak nie. Elke vesel in haar liggaam, haar hele hart en verstand se sy is onverbeterlik. DIT is perfek.
Kan ons al ons dogters soos Nina en Wei groot maak!

Wednesday, December 21, 2011
Nuwe goed
Ek weet nie of ek dit al genoem het nie, maar ek het gedurende die vakansie na `n kothuis op die terrein waar ek werk getrek. Is nou gelukkig goed ingeburger, en happy as a clam.
Het ook al `n ruk terug by Google+ aangesluit, maar nou onlangs eers werklik dit begin gebruik. Ek het ook by `n Google+-page aangesluit: Creative 366 Project. Jy hoef nie elke dag noodwendig `n foto te neem nie, maar dit maak nie seer nie. Jy kan enigiets skep en dan op die blad post. Ek moet erken, dis nogal lekker. Ek geniet ook die interaksie met al die verskillende mense. Hier is `n paar foto's wat ek vandag geneem het:
Die blommetjie-bossie een het ek vanoggend to tienuur geneem. Weet nie watse plant dit is nie, maar weet dit was hel om die ding in fokus te kry met my stukkende kamera. Gelukkig het dit toe nie te sleg uitgekom nie.
Hierdie een het ek so 15 minute terug geneem. Ek is mal oor hoe die glas oranje skyn. Is op die muur in my agterplaas. Ja! Ek het ook nou `n agterplaas.

Tuesday, December 6, 2011
Soos ou vriende doen.
Ai, maar mens se hart breek darem maar in duisend stukkies as `n vriendskap verbrokkel, is dit nie?
Ek dink die ergste van `n vriendskap wat letterlik uitmekaarspat, is die gedagte wat vir `n week na die tyd nog deur jou kop maal: ' Maar ek dag sy ken my...' Maar nou ja, ma het altyd gese Dog het `n veertjie geplant, en daar het jy dit nou - geen hoender van `n dag oud nie.
Miskien het ek net bedrieg gevoel, mens sit soveel moeite, energie en tyd (en geld) in `n verhouding in, dat dit moeilik is om te glo die persoon sien jou nie, hulle sien `n drogbeeld, `n figment van hul eie, onbeholpe verbeelding. En die dag as hulle lugkasteel inmekaar tuimel, dan is dit jou skuld.
Wie weet, dalk is sy reg. Dalk is ek wat sy my voor uitkryt. Maar een ding weet ek...ek gaan nie my kop daaroor breek nie. Ek verdien beter, en heel duidelik voel sy dieselfde.
Dit maak dit ongelukkig nie minder seer nie.

Vat jou goed...
So staan ons na die einde van die jaar se kant toe, met al die monstertjies weg op vakansie, en al die verlepte onderwysers wat nog in die snikhete hulself afsloof. Ag shame! Dit is darem nie heeltemal so erg nie;-).
`n Derde, of is dit vierde? trek wag op my volgende week, hopelik is dit dan die laaste vir `n hele ruk...ek hou definitief die rekord by die skool vir die meeste trekke. Nogal snaaks hoe elke plek sy issues het, met elke trek het jy iets wat jy moet oorweeg, of van ontslae raak, of nog erger nog: moet aankoop. Klink ek nou soos `n miser? Dis nie my bedoeling nie, maar sjoe, trek is eintlik `n duur spulletjie.
Ten minste is daar hierdie keer `n ou tuintjie, en hoplik mag ek daar bly tot my huidige werkgewers my eendag met `n haelgeweer van hule werf afjaag.

Wednesday, August 31, 2011
ESKOM EXPO
EXPO in ons streek was, soos gewoonlik, `n totale fiasko. Die dag is gedomineer deur beskonke beoordelaars, en volwassenes wat reken hulle skoonheids slapie is meer belangrik as kinders se toekoms, sowel as die immer teenwoordige kwotas.
Daar was natuurlik vir elke goeie projek twee wat glad nie daar hoort nie, maar daaraan kgaan ons niks verander nie.
My skool het met drie goue medaljes weggestap, `n troffee, en drie projekte gaan na die nationale toernooi in Germiston gedurende die Oktober skoolvakansie.
Ek is oneindig trots op my kinders, hulle het hard gewerk, en ten alle tye die skool se naam hoog gehou. Ek kon bars van trots toe van die ander skole se juffrouens my kom vertel watse 'phenomenal' kinders ek het.
Nie net het die kinders wat aan die kompetisie deelgeneem het goeie verslae gekry nie, maar ook die kinders wat ons kom help het met registrasie en so meer. My graad tiens was wonderlik, en ek is onbeskryflik dankbaar dat ek geseend genoeg is om te kan se ek gee vir hulle skool. Dankie Mampai, Tiro, Reggie, Madimetja (Shika), Ryan en Sofi, julle is almal sterre.

Subscribe to:
Posts (Atom)